Ou Trompie was 'n lekker, lekker man, elke aand vasgenaal by die bar
Sy dop was dubbel, vel diep verrimpel, sy lewe 'n staalsnaar- bokskitaar
Maar op 'n Vrydag by die Kwaggaberg Hotel
Was dit Stomp Ou Tromp en sy beste bende pels

Ou Blikkies was 'n drommer
Die beste drommer wat 'n Johnnie Rooi kan koop
Dawie de Lange die backup-sanger, jis, hy't daai baskitaar laat kook
En elke Vrydag by die Kwaggaberg Hotel
Speel hulle boereorkes by die Kwagga Karnaval

Niemand kan seil oor die vloer
Niemand kan dans soos 'n boer
Ons Afrikaners doen dit die beste
Niemand kan 'n pompie so pomp
Met soveel kuns en kultuur
Soos die Boksombende boereorkes
Daar by die Kwagga
Die Kwagga Karnaval is die boerebal beter as die res
Want by die Kwagga Karnaval
Gaan al die mense mal vir die Boksombende boereorkes

Ou Stompie kon 'n donkie, daai donkielong selfs agter sy rug speel
Sy oë gesluit, sy lippe tuit, sy skoene altyd piesang geel
En elke Vrydag was dit 'n boerebal
Met ou Stomp Ou Trompie en sy beste bende pels

'N Suid-Wes man, sy naam was Jan kon daai orrel mooi laat skree
Sy vingers dans in Afrikaans soos hy die note lewe gee
En elke Vrydag by die Kwaggaberg Hotel
Speel hulle boereorkes by die Kwagga Karnaval

Hulle begin met 'n two-step
Die meel soos van Gogh op die vloer
En dan sing hulle 'n liedjie
Wat gaan oor die kuns van 'n boer

Niemand kan seil oor die vloer
Niemand kan dans soos 'n boer
Ons Afrikaners doen dit die beste
Niemand kan 'n pompie so pomp
Met soveel kuns en kultuur
Soos die Boksombende boereorkes

Daar by die Kwagga
Die Kwagga Karnaval is die boerebal beter as die res
Want by die Kwagga Karnaval
Gaan al die mense mal vir die Boksombende boereorkes
Want by die Kwagga Karnaval
Gaan al die mense mal vir die Boksombende boereorkes