Sy's 'n girl soos geen ander
Pa's so ryk en haar ma's 'n stunner
Hulle het 'n huis in Mosselbaai

Goue tan en spierwit tande
Lyf vuurwarm ek voel net vlamme
Lyk seker so van al die slaai

Ek jokkie, daai rokkie
Kry ek nie uit my kop nie
Maak die ander koppe hier binne draai
Geweet my vingers gaan brand
Albei voete op die rand
So kom ons, ons gaan

Sy is smooth op my tong net soos 'n Ricky Louw
Haar hart kouer as die yskas vir my bier
10 uit 10 op my lippe soos 'n Johnnie Blou
Maar Johnnie Blou is, is te flippen duur
Dit raak gevaarlik hier

Volgende oggend word ek wakker
Babbelas en pyn en twee groot sakke
Wat potblou hang onder my oë

Wat van haar bring my terug?
Keer op keer met die vooruitsig
En weet 'n hartbreek lê nog voor

Ek gaan nie jokkie in daai rokkie
Kon ek myself nie stop nie
Ek hou mos so van dinge wat byt
Geweet my vingers gaan brand
Maar ek is reeds op die rand
Hoe keer 'n mens hierdie spyt?

Want sy is smooth op my tong net soos 'n Ricky Louw
Haar hart kouer as die yskas vir my bier
10 uit 10 op my lippe soos 'n Johnnie Blou
Maar Johnnie Blou is, is te flippen duur
Dit raak gevaarlik hier
Maar Johnnie Blou is, is te flippen duur
Dit raak gevaarlik hier
Maar Johnnie Blou is, is te flippen duur
Dit raak gevaarlik hier

Want sy is smooth op my tong net soos 'n Ricky Louw
Haar hart kouer as die yskas vir my bier, hey
10 uit 10 op my lippe soos 'n Johnnie Blou
Maar Johnnie Blou is, is te flippen duur
Dit raak gevaarlik

Smooth op my tong net soos 'n Ricky Louw