As ek hierdie dag oorleef lykit goed op my CV
Sê hallo vir haar ma maar haar pa kyk stip na die TV

Hy is 'n ex-Boksburg Bokser
Ek was net daar om te studeer met sy dogter
Gevaarlik soos "truth or dare"
Net toe sy sê:

Kom ons twee gaan na my kamer om te leer
Haar pa like dit niks, dis 'n groot nee nee (Los oop die deur)
Chill dit uit Oom, lees tussen die lyne oom, die eerste keer is altyd seer
Dis net groeipyne
Dis net groeipyne

(Ooo ja) Ons ken oom Swys
Hy't mos daai zeffblou huis daar in Graaffstraat
Sy bakkie het balle
Hy't bikers vir pelle
'N Spoedvraat

Hy is 'n ex-Presley's bouncer
Nou is hy 'n bingo lounge announcer
Maar al die Oosrand manne het mos broeke vol van planne
As Karlien de Lange sê:

Kom ons twee gaan na my kamer om te leer
Haar pa like dit niks, dis 'n groot nee nee (Los oop die deur)
Chill dit uit Oom, lees tussen die lyne oom, die eerste keer is altyd seer
Dis net groeipyne
Dis net groeipyne
Groeipyne
Dis net groeipyne

Ek mis nog soms daai studie-dae daar in Graafstraat
Toe sy nog daai dae gefluister het in my oor

Kom ons twee gaan na my kamer om te leer
Haar pa like dit niks, dis 'n groot nee nee (Los oop die deur)
Chill dit uit Oom, lees tussen die lyne oom, die eerste keer is altyd seer
Dis net groeipyne
Dis net groeipyne
Groeipyne
Dis net groeipyne
Los, los oop die deur