Vir jou sterre loop val
En aande loop lank
En jy het klaar vertrek
En alles wat oorbly het my beperk

Vir lank jou letsels bedek
Jou ingekleur
Maar jy het steeds verneuk
Ek dink die maanlig loop draaie om jou weg te steek

Ooohh oohh

Ek skree
Ek wonder of jy ooit rou
Ek wonder jy ooit terugkeer
As verlange jou kou en die pyn jou vou

Ek skree
Ek wonder of jy my mis
Ek wonder of jy ooit dink aan my
Want ek dink aan jou
En dit maak ook seer
Ek skree

Ooohh oohh
Ooohh oohh

Genoeg my hart uitgeleen
Op jou lande loop reën
Jou onkruid in my tuin
Los memories as ek my gronde vir jou skuif

Verby die gedagte van jou
Wat my hart laat knou
Die storms het bedaar
Leë beloftes wat saam met jou wegvaar

Ek skree
Ek wonder of jy ooit rou
Ek wonder jy ooit terugkeer
As verlange jou kou en die pyn jou vou

Ek skree
Ek wonder of jy my mis
Ek wonder of jy ooit dink aan my
Want ek dink aan jou
En dit maak ook seer
Ek skree

Ooohh oohh

Ek skree
Ooohh oohh
Ek skree
Ooohh oohh
Ek skree
Ek wonder of jy my mis
Ek wonder of jy ooit dink aan my
Want ek dink aan jou
En dit maak ook seer
Ek skree